

![]() | Start a set with this search |
![]() | Include this search in one of my sets |
![]() | Exclude this search from one of my sets |
![]() | Permalink to these results Paste this link in email or IM: |
| Atom feed for tracking future search results Paste this URL into your reader: |
25 messages in net.sourceforge.lists.translate-discuss-afRe: [translate-discuss-af] Afrikaans ...| From | Sent On | Attachments |
|---|---|---|
| F Wolff | May 28, 2009 3:01 pm | |
| Schoeman, Danie (IST) | May 28, 2009 10:35 pm | |
| Dirk Uys | May 29, 2009 12:14 am | |
| Jean Jordaan | May 30, 2009 9:36 pm | |
| Neels Mostert | May 31, 2009 9:12 am | |
| Wessel van Rensburg | May 31, 2009 10:12 am | |
| Erich Lutz | May 31, 2009 11:47 am | |
| Jean Jordaan | May 31, 2009 8:36 pm | |
| Danie Loots | May 31, 2009 10:16 pm | |
| Dwayne Bailey | Jun 1, 2009 1:19 am | |
| Jean Jordaan | Jun 1, 2009 1:33 am | |
| F Wolff | Jun 1, 2009 2:50 am | |
| Jean Jordaan | Jun 1, 2009 3:54 am | |
| Portland Packaging - Office | Jun 1, 2009 4:07 am | |
| Frank Naude | Jun 1, 2009 4:49 am | |
| Jean Jordaan | Jun 1, 2009 4:57 am | |
| Jean Jordaan | Jun 1, 2009 5:27 am | |
| Samuel Murray (Krugersdorp) | Jun 1, 2009 5:46 am | |
| Neels Mostert | Jun 1, 2009 6:32 am | |
| Samuel Murray (Krugersdorp) | Jun 1, 2009 7:43 am | |
| Erich Lutz | Jun 1, 2009 8:12 am | |
| Linza | Jun 1, 2009 8:39 am | |
| Jean Jordaan | Jun 1, 2009 10:02 pm | |
| Jean Jordaan | Jun 1, 2009 10:06 pm | |
| Linza | Jun 2, 2009 10:09 am |

![]() | Permalink for this message Paste this link in email or IM: |
![]() | Permalink for this thread Paste this link in email or IM: |
| Atom feed for this thread Paste this URL into your reader: |
| Subject: | Re: [translate-discuss-af] Afrikaans vir "crossfade" | Actions... |
|---|---|---|
| From: | F Wolff (frie...@translate.org.za) | |
| Date: | Jun 1, 2009 2:50:41 am | |
| List: | net.sourceforge.lists.translate-discuss-af | |
Op Ma, 2009-06-01 om 10:37 +0700 skryf Jean Jordaan:
'lo almal
Hier gaan julle alweer. Die kanse dat daar nie 'n bestaande term hiervoor is in Afrikaans (of Nederlands) nie is baie klein. Om nuwe terme op te maak sonder verwysing na bestaande tegnologie-woordeskat is soos om 'n sagtewareprojek goedsmoeds te "fork". Dit skep net geruis.
Verskoon asseblief my prekie .. ek herhaal dit elke paar maande, so dit raak afgesaag .. hierdie is 'n w^ereld-klas projek, al wat dit kort is die betrokkenheid van 'n paar taal-spesialiste. As ek die kat aan die stert beet het, bewys my asseblief verkeerd met 'n paar bronverwysings.
Hallo Jean, en dankie vir jou insette. Dis goed om hieraan herinner te word.
Ek stem saam dat ons moet soek vir bestaande terme. Om bestaande terme te gebruik waar hulle beskikbaar en paslik is, is vir my voor die hand liggend. Dit is gewoonlik die beste manier om terme te kry vir vertaling. Ek het dit dus geïmpliseer in my vraag. Verder kan mens kyk na soortgelyke terme, teenoorgesteldes, ens. en natuurlik dan ook nuutskeppings oorweeg. Ek is seker 'n mens (nie ek nie) kan 'n boek skryf oor al die tegnieke vir terminologie voordat mens by nuutskeppings kom.
Ek het gekyk in die tweetalige woordeboek van Bosman, vd Merwe en Hiemstra, asook die Kuberwoordeboek van HC Viljoen e.a. (dit is maar wat ek by die huis beskikbaar het). Ek kon nie iets daarvoor kry in dié twee woordeboeke nie.
Die betrokkenheid van taalspesialiste is natuurlik wonderlik, maar ons is meestal vrywilligers en as daar geen voorstelle van taalspesialiste hier is op die oomblik nie, gaan ek nie ophou vertaal nie. Dit neem waarskynlik ook nie 'n taalspesialis om die term in die toepaslike woordeboek te kry nie. Ek vra dus maar vir hulp om idees te kry, en besluit dan wat om te doen.
Ons kan nie elke gesprek oor 'n term afsluit met "ons moet rêrig êrens uitvind" nie. (dít terwyl niemand hier klaarblyklik nou toegang tot "êrens" het nie). Ek wil nie goedsmoeds net sommer enige woord indruk ter wille van voltooiing van 'n vertaling nie - ek los gewoonlik dinge uit waaroor ek onseker voel. Maar soms kan mens mos maar 'n bietjie probeer om dinge te laat vorder.
Ek het dus bedoel om min of meer so-iets te vra: Het iemand 'n oorspronklike term hiervoor, of 'n idee gebaseer op 'n bestaande term, en indien nie, watter nuutskeppings kan ons oorweeg?
Ek neem aan niemand wat voorstelle gemaak het, het toegang gehad tot 'n toepaslike tegniese woordeboek, klanktegnikus of taalspesialis nie. Dus is hierdie voorstelle (voorlopig) die beste wat ons het. Daarsonder het ek nou met net my eie idees gesit. Sodra iemand 'n meer gesaghebbende term het, hoor ek graag, en probeer dit in die volgende weergawe van Rhythmbox (of waar ek dit ook al nodig kry) te gebruik.
Dankie vir almal se bydraes sover.
Groete Friedel
-- Onlangs op my joernaal: http://translate.org.za/blogs/friedel/content/lokalisering-op-papier
------------------------------------------------------------------------------ Register Now for Creativity and Technology (CaT), June 3rd, NYC. CaT is a gathering of tech-side developers & brand creativity professionals. Meet the minds behind Google Creative Lab, Visual Complexity, Processing, & iPhoneDevCamp as they present alongside digital heavyweights like Barbarian Group, R/GA, & Big Spaceship. http://p.sf.net/sfu/creativitycat-com
_______________________________________________ translate-discuss-af mailing list tran...@lists.sourceforge.net https://lists.sourceforge.net/lists/listinfo/translate-discuss-af







